Mandriva Linux Installasie instruksies - Mandriva Linux 2007 Konfigurasie Benodig * Pentium of aanpasbare verwerker * CDROM-aandrywer * Ten minste 32 MB geheue, 64MB word aanbeveel Om Mandriva Linux te installeer kan so maklik wees as om die installasie CD in die CDROM-aandrywer te sit en u rekenaar te herlaai. Kyk asb. onder punt 1 vir meer inligting. LET WEL: * Indien u opgradeer vanaf enige van die 7.x, 8.x of 9.x Mandriva Linux weergawes, onthou om eers asb. 'n rugsteun van u stelsel te neem. * Opgraderings vanaf ouer weergawes (voor 7.0) word NIE ondersteun NIE! In sulke gevalle moet u 'n nuwe installasie doen en nie 'n opgradering nie. ============================================================================ Hier is die metodes om Mandriva Linux te installeer: 1. Selflaai direk vanaf die CD 2. Maak 'n selflaaiskyf met Windows 3. Ander installasiemetodes ============================================================================ 1. Selflaai direk vanaf die CD Die Installasie-CDROM is selflaaibaar. In meeste gevalle kan u die CD in die aandrywer plaas en die rekenaar herlaai. Volg dan die instruksies op die skerm: druk die [Enter] sleutel om die installasie te begin of druk [F1] vir verdere hulp. LET WEL: Op sekere skootrekenaars, sal die stelsel nie vanaf 'n CD selflaai nie. In so 'n geval moet u 'n herlaaiskyf gebruik. Sien punt 2 vir detail. ============================================================================ 2. Maak 'n selflaaiskyf met Windows Indien u rekenaar nie vanaf 'n CDROM kan selflaai nie en die ander metodes nie werk nie, kan u 'n herlaaiskyf as volg maak: * plaas die CDROM in die aandrywer en maak die "My Computer" ikon oop. Regskliek op die CDROM-skyfikon en selekteer "Open" * gaan na die "dosutils" lêergids en dubbelkliek op die "rawwritewin" ikon * sit 'n leë stiffie in die aandrywer * selekteer "D:\images\cdrom.img" in die "Image File" veld (met die aanvaarding dat "D:" die CDROM is, andersins vervang "D:" soos nodig). * kies "A:" in die "Skyfaandrywer" veld en kliek op "Skryf". Om die installasie te begin: * Om die installasie te begin sit die CDROM en herlaaiskyf in die nodige aandrywers * en herbegin die rekenaar. ============================================================================ 3. Ander installasiemetodes Indien, vir enige rede, die vorige metodes nie u doel dien nie (u mag dalk 'n netwerkinstallasie wil uitvoer of van PCMCIA af installeer), moet u ook 'n selflaaiskyf maak: * In Linux (of enige ander moderne unix) tik die volgende: $ dd if=xxxxx.img of=/dev/fd0 * In Windows, volg die metode in punt 2 beskryf, maar vervang xxxxx.img (sien onder) in die plek van cdrom.img. * In DOS, (as die CD is skyf D: is), doen : D:\> dosutils\rawrite.exe -f install\images\xxxxx.img -d A Hier is the selflaaibeelde: +-----------------+------------------------------------------------------+ | cdrom.img | installeer vanaf CDROM | +-----------------+------------------------------------------------------+ | hd_grub.img | installeer vanaf hardeskyf (van 'n Linux, Windows, | | | of ReiserFS lêerstelsel) | | | u kan dit vir u stelsel konfigureer by: | | | http://qa.mandriva.com/hd_grub.cgi | +-----------------+------------------------------------------------------+ | network.img | installeer vanaf ftp/nfs/http | | | LW: u sal gepor word om network_drivers.img | | | in die skyfaandrywer te plaas | +-----------------+------------------------------------------------------+ | pcmcia.img | installeer vanaf PCMCIA-toestelle (waarskuwing, | | | meeste PCMCIA-netwerktoestelle word direk ondersteun | | | in network.img) | +-----------------+------------------------------------------------------+ U kan ook boot.iso op 'n CDROM brand en daarvan af selflaai. Dit ondersteun alle installasie metodes, cdrom, netwerk en hardeskyf ============================================================================ U kan ook 'n teksgebaseerde installasie doen, indien u dalk probleme met die verstek grafiese installasie ondervind. Om dit te gebruik, druk [F1] by die Mandriva Linux verwelkomingskerm en tik dan text op die instruksielyn. Indien u benodig om 'n redding op u bestaande Mandriva Linux uit te voer, selflaai vanaf die installasie CDROM of enige selflaaiskyf, druk [F1] by die Mandriva Linux verwelkoming en tik dan rescue op die instruksielyn. Sien http://www.mandrivalinux.com/drakx/README vir meer tegniese inligting. ============================================================================ Hoofstappe van installasie: 1. Plaas die installasie CDROM (of installasieskyf indien nodig) in die korrekte skyfaandrywer en herlaai die rekenaar. 2. Druk [Enter] wanneer die Mandriva Linux verwelkoming vertoon word en volg die instruksies noukeurig na. 3. Na installasie verwyder die CDROM (en selflaaiskyf indien nodig); die rekenaar behoort te selflaai. 4. Mandriva Linux behoort te begin. Na die selflaaiproses, kan u "aanteken" op die rekenaar as "root" of enige ander gebruikerskode wat u tydens installasie geskep het. Baie belangrik: Die "root" gebruikerskode sal u onbeperkte toegang gee tot die Linux-stelsel. Moet dit nie gebruik, behalwe vir konfigurasie or administrasie nie. Vir normale daaglikse take, gebruik 'n normale gebruikerskode wat u opstel met "userdrake" program of met die "adduser" en "passwd" instruksies. Voorspoed met Mandriva Linux! ============================================================================ Vir installasie ondersteuning sien die Mandriva Linux diffusielys en die neulvrae (FAQ) op die Mandriva webwerf: * E-Ondersteuning by http://www.mandrivaexpert.com/ * Mandriva Linux errata by http://www.mandrivalinux.com/en/errata.php3 * Mandriva Linux sekuriteitsaanskondigings by http://www.mandriva.com/security/advisories/ * Aanlyndokumentasie by http://www.mandrivalinux.com/en/fdoc.php3 * Lees en sluit aan by die aanlynbesprekingsforums van Mandriva Club by http://club.mandriva.com * Teken in op ep-poslyste by http://www.mandrivalinux.com/en/flists.php3 * Maklik deursoekbare e-poslysargiewe by http://marc.theaimsgroup.com/ * Deursoek die internet m.b.v. Google vir Linux http://www.google.com/linux * Deursoek Usenetgroepe m.b.v. Google Groepe by http://groups.google.com/groups?group=comp ============================================================================